Suné Stassen – Owner and Therapist

Skoonheidsterapie was nog altyd my passie van kleins af. Dis is ‘n voorreg om dames te kan help om hul uiterlike voorkoms te verbeter. Dit is dan ongelooflik om te sien hoe dames goed voel oor hulself na ‘n behandeling. ‘n Kliënt kom hier binne as ‘n vreemdeling en sy stap hier uit as deel van die Salon Bénisse familie.

Ek het my studies in 2009 deur CPTI voltooi. Salon Bénisse het ek begin terwyl ek nog studeer het – ek het laat aande en oor naweke vriende en familie se hande en voete behandel vir ekstra geldjies. Ek is ongelooflik dankbaar vir my ouers vir al hul ondersteuning en liefde, veral in die begin.

Die naam Bénisse beteken geseënd in Fraans – wat ek regtig is aangesien ek op die jong ouderdom van 20 ‘n besigheid kon begin.

Dankie vir elkeen van julle se ondersteuning en liefde.


Fiandi Rossouw – Head Therapist

Dit was van kleins af altyd lekker om iemand te kon mooi maak, hulle hande met room in te smeer en bederf te laat voel. Dus was dit ‘n maklike keuse toe ek my loopbaankeuse moes maak. Skoonheidsterapie laat my toe om iemand weer mooi te maak en hulle selfvertroue op te bou, want as mens goed lyk, dan voel mens ook goed.

Ek het in 2013 by Salon Bénisse begin werk as ‘n deeltydse terapeut en in 2015 my Internasionale diploma voltooi by Camelot International.

By Salon Bénisse kom kliente se behoeftes eerste en streef ek altyd daarna om professioneel, vriendelike en hardwerkend te wees teenoor my kliënte. Daar is absoluut geen beter gevoel vir my om my kliënt tevrede en ontspanne hier by Salon Bénisse te laat uitstap nie.

Ek is opreg geseënd om deel van die Salon Benisse familie te wees.


Lizmari van der Westhuizen – Therapist

 

Vir 6 jaar was ek n B.ED Grondslagfase, Gr.3 opvoeder in n bekende bendegeweld area. Soos ons veiligheid al meer bedreig geraak het, het ek die groot stap geneem en die onderwys verlaat. So tussen die onderwys deur het ek na uurse klasse geloop om my te kwalifiseer vir my passie vanaf skooldae.

Nog my hele lewe lank wou ek altyd geweet het hoe om daardie “perfect look” met grimering te skep. Ek het toe dan en daar besluit om my belangstellings te volg en in 2018 het ek gekwalifiseer as n “makeup artist” en “hair stylist.” 

Deel van my prakties het ek vreeslik baie tegnieke geleer deur te assisteer by troues en foto sessies. 

My doel is om my drome te volg en my passie uit te leef in iets waarin ek `n groot belangstelling het en baie geniet… skoonheid en mooi maak.

 In 2020 het ek ook my “tinting, shaping en classical lash extension” kurses voltooi wat ook bydra tot die “perfect look.”

 “Cosmetics should never be used to hide yourself. It should be used to enhance your natural beauty.” en dit is my hoofdoel om elke klient se natuurlike skoonheid uit te bring en spesiaal te laat voel.

Ek is vreeslik opgewonde oor wat die toekoms alles inhou, om deel te kan wees van Salon Benisse en om julle almal te kan ontmoet.


Marnél Toerien – Microblading & Make up Artist

“I’m a little travel obsessed and a lover of all things that makes one feel happy. Which is why I studied beauty therapy – believing something as simple as a good shape eyebrow or a nifty makeup hack can make all the difference in one’s self-confidence – my personal philosphy being that everyone has a spark, but there’s no shame in getting some help from the outside to show how you feel inside.”

When it comes to permanent makeup, this gal has been doing this for a couple of years now, her speciality being eyebrow transformations – if the eyes are the windows to the soul, then the brows are the drapes. It makes all the difference to one’s face.


Dr. Mariska Oosthuizen– Aesthetics

Dr. Mariska Oosthuizen is a GP with a special interest in Aesthetic and Anti-Aging Medicine. She qualified as a medical doctor from the University of Pretoria in 2009. In 2013 she started with her training in Aesthetic Medicine through extensive training done at Medskills Training Academy and it was then when her love for the ‘art of beauty’ was awakened.

Her Aesthetic career started in Pretoria in 2014 when she started her own aesthetic clinic. In 2018 she and her family relocated to Somerset West. 

Dr Mariska is passionate about the holistic wellbeing of her patients and that we all deserve to feel beautiful and valuable. She takes responsibility and time for addressing each individual’s expectations, fears and concerns while working together to achieve reasonable aesthetic goals.

Aesthetics is not just about enhancing the outer facial features, it is much more, it is about the creation of a better self-image, having a more positive self-esteem, having more confidence that radiates through patients and lifts their spirits.

Medical weight management is also close to her heart. We all deserve to be the best healthy version of ourselves.


Ephesians 2:20, We are God’s Masterpiece.